Daar is ‘n kritieke behuisingstekort in Orania. Hierdie behuisingstekort moet nie noodwendig in ‘n negatiewe lig gesien word nie, maar as ‘n geleentheid om werk en selfs loopbane vir baie van ons mense te skep.
Die Dorpsraad het onlangs aangekondig dat Orania 500 nuwe huise, besighede en kommersiële geboue gaan bou. As ook stadsplein. Ons wil hê dat die Orania Arbeidsdiens strategies gereed moet wees om met soveel van hierdie werk as wat ons kan verrig.
Ons is gelukkig dat ons in huidiglik al ons werkers self kan huisves. Ons verwag om die uitdaging van verdere behuising van toekomstige werkers ten volle die hoof te bied.